Serwiese Republiek

Streke in die Serwiese Republiek
Bord van die Republika Srpska

Die Serwiese Republiek (Serwies: Република Српска (РС), Republika Srpska (RS)), is een van twee entiteite wat saam die federale staat Bosnië en Herzegowina vorm. Die ander entiteit is die Federasie van Bosnië en Herzegovina. In die daaglikse gebruik bly die naam van dié entiteit in nie-Slawiese lande meestal onvertaald as Republika Srpska, om verwarring met die land wat as Serwië bekendstaan, te vermy.

Hoewel die hoofstad van die Serwiese Republiek amptelik Sarajevo is, tewens die hoofstad van gehele Bosnië en Herzegowina, word die entiteit in die praktyk tot 1998 vanuit Pale en sedertdien vanuit Banja Luka bestuur.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search